Quick Navigation

Platorand Jaarprogram 2018

Platorand Tak Nuus

Februarie 2017 Taknuus

Published on 07 February 2017

Namens die Bestuur wens ons al ons lede ‘n baie voorspoedige, vreugdevolle en geseënde 2017 toe en glo dat die jaar gevul sal wees met liefde, vrede en blydskap vir al die betrokke families. Mag almal vanjaar reguit en akkuraat skiet.

Ons tak het ‘n bewaringsprojek begin waardeur ons lede aanmoedig om uilkaste te koop om ons landelike uilbevolkings se getalle te vermeerder om die rot en muis getalle op ‘n natuurliker en veiliger manier te beheer. Uilkaste is beskikbaar van TWK Wonderfontein, Ferdie Brits by 082 773 8776.

Besoek gerus ons web blad by platorand.co.za .

Lede wat aan jag- of skietaktiwiteite buite takverband deelneem is verplig om dit self op die Vereniging se lede-administrasieplatform op die webwerf te laai sodat hulle kan voldoen aan die vereistes vir die handhawing van toegewyde jagter- en sportskutstatus.

Opleiding vir senior vind op 25 Februarie plaas. Bespreek jou plek vroegtydig  by Peter Carr, 083 460 0371 .

Opleiding vir junior vind plaas op vanaf 27 April  tot 1 Mei. Maak solank ‘n knoop in jou skoenriem om jou plek te bespreek. Meer inligting sal volgende maand gegee word .

Platorand-tak bied op 6 Mei die Streek Presidentskietbyeenkoms aan. Meer inligting hieroor volg later.

Shooting Affairs  
Important message: It is compulsory to wear eye protection on the shooting range . Range fees are now R30 for s and juniors shoot for free.
During summer the shooting days open at 07:30 and during winter months we start at 08:30

Programme
18 Feb: Branch shooting day with jackal, springbok, warthog, impala and rimfire shooting exercises

Believe you can and you’re halfway there “ Theodore Roosevelt

 

Search

We have 52 guests and no members online