Vanuit die stoel

Published on 03 December 2012

IMG 2375-2

31 Des 2016

Beste Jagtersvriende van Platorandtak,

Dit is al weer die einde van nog ‘n jaar wat verby gespoed het. Baie dankie aan al ons lede wat die jaar saam geskiet het, en gehelp het om die skietdae en ander aktiwiteite ‘n sukses te maak. Dit bly altyd ‘n voorreg om saam met wonderlike mense ‘n stokperdjie te deel.

Wapeneienaars wat hul wapenlisensies onder die nuwe wetgewing hernuwe het, moet  nou al reeds weer in die proses wees om die nuwe (wit kaart) lisensies te hernu. Wees asseblief daarop bedag dat die wet vereis dat u voor 90dae , voor die verstryking van die lisensies moet heraansoek doen.  Daar blyk nou groot ywer onder die SAPD te wees om hierdie regulasie in die wet streng af te dwing ! Wees dus bedag daarop dat u betyds u nuwe wapenlisensies (wit kaart) hernu, anders mag dit vir u moeilik gemaak word om die wapens te behou.

Platorand se 2017 program skop weer af op  die 21 ste Januarie 2017. Ons bestuur wil u hartlik uitnooi om in die nuwe jaar weer by ons aan te sluit en die skietdae te kom geniet. Ons skiet weer die gebruiklike “elke 3de Saterdag van die maand”.

Namens die bestuur van Platorandtak wens ek al ons lede en hul families ‘n voorspoedige nuwe jaar toe.

Jagtersgroete
Kobus Davel
(Voorsitter ,Platorand tak)